Wie Is Ons?
Wie Is Ons?
Die Suider-Afrikaanse Kerk- en Konsertorrelistevereniging (SAKOV) bevorder musiek-, liturgiese en orrelboupraktyke in Suidelike Afrika deur kerk- en konsertorreliste, predikante, musiekgroepe, kerkrade en orrelbouers te ondersteun om funksionele, relevante en geïnspireerde diens te lewer. Dit bring orreliste en ander belangstellendes vakkundig met mekaar in kontak, en verskaf vakwetenskaplike inligting en advies. SAKOV tree verder adviserend op en poog om verantwoordelike riglyne neer te lê en aanbevelings te maak – ook ten opsigte van salarisse en dienskontrakte van orreliste.
SAKOV is op 10 Mei 1980 gestig. Sedertdien publiseer SAKOV gereeld ‘n geakkrediteerde vaktydskrif, Vir die Musiekleier / To the Director of Music, sowel as Nuusbriewe. Skolingskursusse word jaarliks in die dertien SAKOV-streke in Suid-Afrika en Namibië aangebied, en spesiale projekte soos publikasies en opnames word onderneem. SAKOV-lede word blootgestel aan die nuutste inligting en nuus ten opsigte van orrelmusiek.
Met byna 600 lede is SAKOV ‘n tuiste vir alle orreliste en orrelmusiekliefhebbers!
Uitvoerende Komitee




Me. Anneli Roux
Queenswood 0121
T: 083 447 2245 (S)
T: 086 646 9015 (F)
E: anneli.roux9@gmail.com





Streeksverteenwoordigers












Redakteurs




Administrasie

Mev. Marie-Carine Jordaan
Erelede
Erelidmaatskap
SAKOV-lede wie se aktiwiteite, na die mening van die Uitvoerende Komitee en Bestuur, van die vereniging, in ‘n besondere mate bygedra het tot die bevordering van kerkmusiek in Suider-Afrika, mag as erelede verkies word. Erelede word verkies by wyse van ‘n amptelike skriftelike benoeming deur ‘n SAKOV-lid en sekondant. Sodanige benoeming word tesame met die aanbeveling van die Uitvoerende Komitee aan die Algemene Jaarvergadering voorgelê. ‘n Erelid se nominasie word tydens die Algemene Jaarvergadering deur ‘n gewone meerderheidstem bevestig en gesekondeer.
- Ds. Johannes Bingle†
- Prof. Gawie Cillié†
- Mev. Barbara Louw†
- Mnr. Pieter van der Westhuizen
- Mnr. Arie van Namen†
- Mnr. Roelof Temmingh†
- Dr. Louwrens Strydom†
- Prof. Albert Troskie
- Mej. Susan Engelbrecht†
- Prof. Henk Temmingh
- Dr. Driekie Jankowitz†
- Prof. Chris Lamprecht
- Prof. Gerrit Olivier
- Prof. Wim Viljoen
- Prof. Daleen Kruger
- Mev. Margaret van der Vegt
- Mnr. Bouwer van Rooyen
- Prof. Stephanus Zondagh†
- Prof. Deon Lamprecht
- Ds. Cassie Carstens†
- Dr. Barry Smith
- Ds. Jacques Louw
Visie & Missie
SAKOV Missie
Om lede se vaardighede en kennis te ontwikkel deur opleiding en skoling wat gerig is op algemene, sowel as eiesoortige behoeftes; om by te dra tot kennis van die funksie van die lied in die liturgie en om die gehalte van orrelspel en orrelinstandhouding te verbeter.
SAKOV Visie
Om musiek-, liturgiese en orrelboupraktyke in kerke in suidelike Afrika te bevorder deur kerkorreliste (sowel as predikante, musiekgroepe, kerkrade en orrelbouers) te ontwikkel en ondersteun om funksionele, relevante en geïnspireerde diens te lewer.