Projekte
Projekte
SAKOV onderneem elke jaar ‘n spesifieke projek vir sy lede. Dit behels die beskikbaarstelling van boeke en CD’s.
- Sien die Shop-skakel vir beskikbare produkte.
- Verdere hulpbronne beskikbaar in die Memberzone.
Die volgende boeke, bladmusiek en CD’s van SAKOV-lede is beskikbaar.
Bladmusiek
Partitaboekie – Henk Temmingh
10 stelle maklik speelbare variasies op 16 liedere uit die Liedboek van die Kerk. Die meeste hiervan is ook op die klavier speelbaar en orreliste wat nie juis bedrewe is met pedaalspel nie, sal besonder baat kan vind by hierdie hoogs vindingryke partitas. Die verkoopsprys is R100 en kan bestel word by tel. 011 482 3181.
Orgelmusik – Orrelmusiek – Organ Music – Winfried Lüdemann
Hierdie bundel bestaan uit drie orrelpartitas en ‘n fuga op die melodieë van bekende kerkliedere: So lief het God die wêreld (Wie soll ich dich empfangen), Die groot en blye dag breek aan (Erschienen ist der herrlich Tag), As ons in ons bekommernis (Wenn wir in höchsten Nöten sein) en U naam is wonderbaar op aarde, Here (Die Sonn hat sich mit ihrem Glanz gewendet). Die werke is almal vir gebruik in die erediens of in die kerk geskryf en moet as liturgiese gebruiksmusiek in die goeie sin van die woord verstaan word. Sien resensie in Vir die Musiekleier 35, p. 48-49. Die bundel kan teen R60 bestel word by wl@sun.ac.za.
Boeke
The Pipe Organ Heritage of South Africa – Albert Troskie
‘n Pragtige volkleur publikasie waarin nie minder nie as 135 historiese orrels wat tussen 1814 en 1914 in Suid-Afrika gebou is in detail behandel word. Van elke orrel word die geskiedenis, die spesifikasie en een of meer kleurfoto’s verskaf. Die boek kos R255 wat verpakking en posgeld insluit.
CD’s
Universiteitsoord — Wim Viljoen
Op die orrel van die NG Kerk Universiteitsoord, waar hy die orrelis is, speel Wim Viljoen werke van Walther, Bach, Festing, Balbastre, Mendelssohn, Lemmens, en Young. Dit word verkoop teen R115 (verpakking en posgeld ingesluit) en kan bestel word by: Prof. Wim Viljoen, Maraisstraat 129, Brooklyn, Pretoria 0181, tel. 012 460 4310.