Publikasies
Publikasies
Vir die Musiekleier / To the Director of Music (ISSN 1999-3412/2957-7179)
Vir die MUSIEKLEIER / To the DIRECTOR of MUSIC is ‘n eweknie-geëvalueerde akademiese vaktydskrif wat jaarliks deur die Suider-Afrikaanse Kerk- en Konsertorrelistevereniging (SAKOV) uitgegee word. Dit is sedert 2011 geakkrediteer deur die Suid-Afrikaanse Departement van Hoër Onderwys en Opleiding.
Die tydskrif fokus op navorsing en kwessies wat verband hou met alle aspekte van Christelike kerkmusiek in Suider-Afrika, sowel as internasionaal, vanuit verskillende kulturele perspektiewe.
Die glanspublikasie bevat navorsingsgebaseerde en vakkundige artikels van ‘n akademiese aard wat ‘n nuwe bydrae lewer en debat oor aspekte rakende liturgie en kerkmusiek stimuleer; spiritualiteit; himnologie; historiese gebeure; en orrelbou en argitektuur in Suider-Afrika. Kommentaar op ander (omstrede) artikels; kritiese resensies van boeke, CD’s en DVD’s wat verband hou met kerk-, orrel- en/of koormusiek is ook ingesluit. Manuskripte wat ander onderwerpe van belang bevat, in ooreenstemming met die vakkundige aard van die tydskrif, sal ook oorweeg word.
Die tydskrif sal van belang wees vir akademici, orreliste, leiers in aanbidding, kerkmusici, opvoeders, predikante sowel as mense met ‘n belangstelling in kerkmusiek.
Die redakteur is prof. Gideon Els en kan gekontak word by gideone@uj.ac.za.
Alle vorige uitgawes in PDF-formaat kan hier afgelaai word. Belangstellendes hoef nie ingeteken te wees om die publikasie te kan aflaai nie.
Laai af >> Vir Die Musiekleier
Nuusbrief
SAKOV publiseer jaarliks twee Nuusbriewe (een in Junie en een in Desember). Daarin verskyn nuuswaardighede wat met SAKOV en SAKOV-lede te make het. Daar het reeds meer as 60 Nuusbriewe oor die jare verskyn.
SAKOV-lede word aangemoedig om bydraes aan die redakteur, mnr. Eon Malan, by nuusbrief.sakov@gmail.com te stuur.
SAKOV-lede kan hier hier vorige Nuusbriewe in PDF-formaat aflaai. Onthou jy moet ingeteken wees om die nuusbrief te kan aflaai.