Awards
Awards
Die Uitvoerende Komitee van SAKOV het tydens die Algemene Jaarvergadering van Augustus 2009 besluit om langdienstoekennings te maak.
LONG SERVICE AWARD
Hierdie toekenning word aan ‘n SAKOV-lid na afloop van 20 jaar diens (en voorts in 5-jaar intervalle bv. 25/30 jaar, ens.) as kerkmusikant gedoen. Lede met meer diensjare wat nog nie die bepaalde toekenning ontvang het nie, mag steeds daarvoor aansoek doen.
Lede wat vir die toekenning kwalifiseer, moet voor einde Julie van ‘n bepaalde jaar aansoek by die Voorsitter doen, wat dit na die Sekretaris sal verwys.
Alle toekennings word by die Algemene Jaarvergadering van daardie bepaalde jaar aangekondig. Die Sekretaris sal ‘n streek se ongeraamde sertifikate per geregistreerde pos aan die Streekverteenwoordiger stuur. Oorhandiging van sertifikate kan dan geskied by die lid se Streekbyeenkoms of tydens ‘n erediens in die gemeente waar die orrelis diens doen.
Die toekennings word ook in die Desember-uitgawe van die Newsletter van daardie jaar gepubliseer.
DETAILS REQUIRED
Applications for both long service awards as well as charters must be accompanied by the following information:
- The applicant’s title, initials, and surname, with wording given as it should appear on the award
- Full postal address with code
- Cell phone number (or home landline, with area code)
- Date of first appointment as an organist
- Number of completed service years as calculated from first appointment (not necessarily consecutive posts)
- Congregation where the applicant is presently in service, or where he or she was at time of retirement.